Moxie Uitgawe 5
Rooi hakskoene, rooi lipstiffie… en ’n bietjie genade as jy ’n spelfout raaksien.
Daar is iets aan ’n paar rooi hakskoene wat jy nie kan ignoreer nie. Hulle sê nie net. “Hier is ek” nie, hulle sê ook: “Ek’s klaar met wag - ek’s reg vir aksie.” En dieselfde geld vir rooi lipstiffie. Dis ’n klein ding met groot houding. Of jy dit nou elke dag dra of net op spesiale dae uithaal - dis daardie bietjie “oomph” wat jou laat regop sit en jou kroon regskuif.
Hierdie uitgawe het nie ’n amptelike tema nie, maar as ek iets moes kies, sou dit wees: Moenie wag vir toestemming om voluit vrou te wees nie. Trek daai rooi skoene aan, sê wat jy wil sê, en wees wie jy is - sonder verskonings.
En nou, ’n klein nota van die hart af: As jy dalk hier en daar ’n spelfout of ’n sin wat bietjie vreemd klink raaklees… vergewe my maar asseblief. MOXIE word met soveel liefde en ywer bymekaar gesit. Ek en my span het geproeflees, geredigeer en weer gelees. Maar soms glip daar iets deur. As dit gebeur - kyk net weg, of gaan kombuis toe vir nog ’n koppie tee.
MOXIE is nie perfek nie, maar dis reguit uit die hart. Baie van wat jy hier lees, is geskryf vanuit ervarings, gedagtes, of drome. Dis regtig persoonlik.
En as jy hierdie woorde lees, hoop ek dat dit nie net ’n vonk van inspirasie aansteek nie, maar jou ook diep verstaan laat voel.
Met liefde en lipstiffie!
SLEGS R49