Moxie Uitgawe 3

Sjoe - alreeds uitgawe 3! En wat 'n tog! 

Die reaksie op MOXIE was meer as fenomenaal, en my glimlag kon nie nóg wyer wees nie. 
As jy sedert die eerste uitgawe hier is, weet jy reeds dat ek een missie het: om reguit te praat, jou te laat glimlag en 'n tydskrif te skep wat só goed is, dat jy net moét deel met al jou maters. 

Die lewe is te kort vir beuselagtighede, so verwag voortaan nóg meer eerlike gesprekke, nóg meer lag en 'n bietjie….WILD (want hoekom nie)? 

Gryp dus jou koffie, wyn of wat ook al jou magnetiese, onweerstaanbare sélf aanvuur, en geniet hierdie uitgawe. En as iets jou laat lag, knik of sê: "Dít moet ek vir my bestie aanstuur" - dan is my werk hier gedoen.  

E-pos moxie@krulkop74.co.za indien jy nie via Payfast wil betaal. 

Lekker lees. 
Leilani  
SLEGS R49

Your Cart
Your cart is currently empty